Die Nuwe Verbond
Dis die Verbond van 'n Minnaar
Jesus is die Wonderlikste persoon wat nog ooit geleef het. Hy verander water in wyn. Hy maak siekes gesond. Hy dryf duiwels uit. Hy wek dooies op.Hy spreek 'n woord en die Kaananietise vrou se dogter is genees. 'n Vrou met bloedvloeing raak aan sy kleed en is genees. 'n klomp mense volg hom en eet van sy wonder kos
Maar hulle het nie geglo hy is die Mesisas nie. Hulle het verwag dat Hy die regering gaan oorneem. Hulle wou bevry word van die juk van die Romeine. Hulle het nie sy roeping verstaan nie.
By die Pasga fees stel Hy 'n nuwe Verbond in.
Dit is 'n verbond van liefde.
Die Brood
Neem eet dit is my liggaam wat vir julle gebreek word.
Hier kom 1 Pet 2:24 in werking: wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.Die Beker
Toe neem Hy die beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het gee Hy dit vir hulle en sê: "Drink almal daaruit,want dit is my bloed, die bloed waardeur die Verbond beseël en wat vir baie vergiet word tot die vergifnes van sondes
Vergifnes van sondes.
Hoekom?
Omdat God (Jesus) 'n Minnaar is.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Jesus het die Priesterlike Diens oorgeneem.
Hy het met sy bloed gan betaal in die hemelse tabernakel.
Nie meer diere offer nie.
Kyk wat wil Jesus vir ons hê.
God is vir ons.
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Jesus is vir ons oorgegee.
Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
God maak ons regverdig.
Dit beteken dat Hy ons sien heeltemaal sonder sonde.
Skoon soos Jesus
Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
Geen veroordeling Jesus tree vir ons in by God
Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
Kyk nou hierdie wonderbaarlike liefde
Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Rom 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
Hy maak ons nie net oorwinnaars nie, maar MEER AS OORWINNAARS
Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Kyk net hierdie wonderlike liefde