Sleutels van die Koninkryk. Bind en Ontbind.
Jesus sê:Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Het ons lewe en oorvloed?
Kyk ons hospitale!
Wat van armoede?
As ons kyk. Die gedagtes kom by ons op.
Is die Skrif 'n leuen? Nee 100 maal nee.
As in ons lewens gesteel, geslag en verwoes word, waar is die fout?
Want Jesus kan nie lieg nie.
Ek het nie lewe en oorvloed nie.
Hoekom nie?
Hier kom die Sleutels van die koninkryk in.Mat 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
Mat 18:18 Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
In die Amplified Bybel staan dit so:Truly I tell you, whatever you forbid and declare to be improper and unlawful on earth must be what is already forbidden in heaven and whatever you permit and declare proper and lawful on earth must be what is already permitted in heaven.
Nou kom die vraag?
Wat is toegelaat in die hemel.
Kan ons sê dat lewe en oorvloed in die hemel is. JaDan kan ons dit toelaat op aarde
Alles wat mooi is goed edel rein volmaak is.
Dan laat ons dit toe op aarde. Ons ontbind hierdie goeie goed
Wat is nie toegelaat in die hemel.
Kan on se armoede is een van die dinge. wat van teenspoed.Ook siekte, moord, hebsug, diefrstal, afgodsdienaars ens.
Dan bind ons hierdie dinge.
Ons kan nie mense bind of ontbind nie.
Ons kan wel die lelike dinge wat hulle teister bind.
en die goeie oor hulle ontbind.
Het ons die reg om dinge te bind en te ontbind?
Kom ons kyk wat sê die Skrif
Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Nou kan jy se: "Ja maar dit is vir die disipels".
Goed kom ons kyk verder wat se Jesus.Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in
die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
NOU IS ONS VERPLIG OM DIE LEWE VAN ONS HUISGESIN.
ONS VRIENDE MAKLIKER TE MAAK.
Nou kan ons sien dat siekte, armoede en die lelike dinge nie reg oor ons het
nie.
Hoe doen ons dit.
1. SiekteAs enige pyn iewers ontstaan stop ons dit dadelik.
"Pyn ek stop jou in die Naam van Jesus"
Partykeer se ons sommer: "Voertsek in die Naam van Jesus"
2.Oor ons Kinders en familie.
"Ons bind dit wat wil slag steel en verwoes in die Naam van Jesus"
"En ons ontbind lewe en oorvloed in die Naam van Jesus."
Jy kan dit saam met jou kinders doen of in hulle afwesigheid.
3. Die Bloed
"Ons plaas ons kinders onder die bloed van Jesus"
"Of ons pleit die bloed van Jesus oor die situasie."
Kyk wat doen die Bloed en dan die woorde wat ons spreek.
Open 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.Open 12:11 En hulle het hom (Satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
No comments:
Post a Comment