Thursday, May 17, 2012

Ons Koning Gaan ons Vooruit

Dankie Jesus 

Dankie vir al julle besoeke.

Ek waardeer dit baie.


Vandag is Jubel Dag.
Ons koning het opgevaar.




Mat 28:16  En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.  

En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.   

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

Dit is wat ek graag wil doen! 

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.  

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

Kyk wat het Jesus vir ons gaan doen het!


  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 


 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 


En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.



Dankie Jesus




Monday, May 14, 2012

Hoekom is ek siek?


Oorsprong van Siekte

Kom ons dink daaroor.


Was daar siekte in die Paradys?
Nee.


Wat van die Hemel?
Nee.


Kan ons aanneem dat siekte saam met die Uittog uit
die Paradys gekom het.

 

Adam en Eva het mag gehad om oor die hele aarde te regeer.

Gen 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.


Kyk wat sê die Engels. Dit lees nie diere nie, dit lees "living thing"

Gen 1:28  And God blessed them: and God said unto them, Be fruitful, and multiply, and replenish the earth, and subdue it; and have dominion over the fish of the sea, and over the birds of the heavens, and over every living thing that moveth upon the earth. 


Kan ons sê dat kieme lewendige goed is?
Wat van kanker?    Wat van die goed wat in jou bloed is?
Ons kan dus sê, hulle twee het die mag gehad om die hele aarde te
onderwerp

                                        MAAR
             
Eva luister na Satan. Doen wat God nie wil hê hulle moet doen nie, en gee hulle mag en gesag oor aan die vyand.

Hoe weet ons dit?  Kyk wat sê die Bybel met Jesus se versoeking.

Mat 4:8  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
Mat 4:9  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.


Wat sê Jesus van die duiwel:
Joh 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 


Kyk wat sê Jesus hier'
Joh 10:10a.   Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.

Hierdie oorgawe van mag is nog in werking vandag.
Ons sien dit in al die siektes wat ons vandag kry
Ons sien dat vloeke ook nog in werking is vandag.
Oupa se hartmoeilikheid. Pa en ook die seun
Dokters is bewus daarvan.
As Kanker by jou voorkom, onmiddelik wil hulle weet wie anders het kanker.

Nog 'n ding.
In die Ou Testament word die duiwel baie min genoem.

Dit is die oorwinning van die Duiwel oor die mense.

                               MAAR

EER AAN GOD WAT ONS OORWINNING BEPLAN HET.

Ons kyk daarna in die volgende Blog





Dank en Aanmoediging

Dankie vir julle mensies wat kom kyk het.


Ek waardeer julle baie.


Dis my manier om mense te probeer seën.


Een oggend vroeg het ek met Jesus gepraat en
gevra wat ek nog kan doen vir die res van my tyd.


Sy antwoord: INTERNET.


Dis wat ek probeer doen.


Stuur mense as jy so dink!


Julle kan gerus ook gaan kyk na die Engelse blog


mygoodnewsblog.com

Saturday, May 12, 2012

Moses Word Farao se God


Die Grootste Wonderwerk In die Ou Testament.

Moses en die Rooi See.                                           

God sê Moses moet die volk uitlei uit Egipte.
Moses stribbel eers tee.
God gebruik geduld en Moses stem in.

Kyk wat doen God:
Exo 7:1  En die HERE het aan Moses gesê: 
Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, 
en jou broer Aäron sal jou profeet wees. 

Moses doen wat God gesê het en die plae kom oor Egipte.


Moses wil he die volk moet die God gaan aanbid in die Woestyn
Eers se Farao Net die manne kan gaan. 
Moses weier.
Dan probeer Farao die diere terug hou. 
Moses val nie daarvoor nie. 
Al die plae vind plaas.

Die Rooi See
Water in Bloed
Paddas
Tot hier kon die towenaars by bly, maar nie verder nie.
Hulle se vir Farao: "Dis die Vinger van God.
Nie verder nie.
Muskiete
Steekvliee
Pes onder vee
Swere mens en diere
Hael
Sprinkane
Duisternis
Dood van Eersgeborenes


Uiteindelik se Farao
Exo 12:31  Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het. 
Exo 12:32  Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook. 

Manne
Hoeveel mense het getrek.
600.000 Manne.


Kinders
Kom ons raai maar.
Kom ons se 3 kinders per man 1.8 miljoen


Exo 12:37  En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. 


Ons weet nie hoeveel kinders nie maar. . . 
Exo 1:11  Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. 
Exo 1:12  Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.

Gemengde Bloed
Menigte mense met gemengde bloed
Exo 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. 


Gemengde Bloed.
Ek kan nie eers raai nie. 
Kom ons sê 1 Miljoen


Vroue 
600.000 


Beeste
Kom ons sê elke man het net 10 beeste gehad.
Dit maak 6 miljoen beeste


Skape en Bokke 
Ons skat hopeloos te min maar sê
100 skape en bokke per man
600.000 x 100 = 60miljoen




Ons tel dit saam.
Ek dink dit is te min vir 70 miljoen
Manne                      600.000                           
Vroue                       600.000
Kinders                 1.800.000
Gemengde bloed  1.000.000
Beeste                  6.000.000
Klenvee              60.000.000
                           ---------------
                            70.000.000


70 Miljoen moet deur die Rooi See.



Kan jy jou voorstel hulle is almal deur die Rooi see
En die hele tyd wat die 70 miljoen deurgaan het God 
gekeer dat die Egiptenare nie naby hulle kon kom nie

Exo 14:19  En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; 
Exo 14:20  so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.


Nadat Moses-hulle deur is vernietig God die hele leermag van Farao
Exo 14:28  En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.

Nou Mara se Bitterwater
Moses gooi 'n stuk hout in die water en dit word gesond.

Hulle reken dit kan die rots wees wat deur Moses geslaan is

Ek glo dis hoe dit moes gelyk het as 70 miljoen moes drink

Maar kom ons kyk na die rots by Massa en Meriba.


Die volk kla al weer oor water



God gee hulle water.


Dink daaraan.
Moses slaan die rots en daar kom genoeg water uit
om die mense en diere se dors te les. Die Bybel sê nie hoelank hulle die water gebruik het nie.



Volgens Kenners is dit hoe dit gelyk het in die tyd van Moses.


Hoe groot is ons God! 

Hulle kla oor kos maar hulle het beeste en kleinvee by die duisende.


Wednesday, May 9, 2012

Staan Tradisie Tussen ons en die Hemel

Harde Woorde vir Ons

Jesus het laasnag met my gepraat oor my mense.
As ek sê my mense bedoel ek ons wat in die tradisionele kerke groot geword het
As iemand met my oor 'n ander kerk sou praat wou ek nie luister nie.
Ek het groot geword in die tyd van die Nasionale pary en jy lol nie met my kerk en my politiek nie.
Ek is reg en niemand anders nie.

Sondag gaan ek kerk toe en ek probeer om bidure by te woon.
Ek het deur gegaan as 'n goeie Christen.
Ek was diaken en ek het gesien wat ons vir die kerk gee.
As diaken was jy eintlik lastig om te kom kollekteer.
En O ja. Die dominee mag nie ryk wees nie.

In ons dorp in Wes Transvaal van daardie tyd, was daar vir jong
mense byna niks om te doen nie.
Die A G S begin 'n kofiekroeg in ons dorp.
Onmiddelik word die gemeente gewaarsku teen die SEKTE.
Ons word belet om hulle te besoek.
Die gevolge van die waarskuwing.
Na 2 maande is die Kofiekroeg tot niet.

Dele in die Bybel word geheel en al vermy.
As die Here sê; "WIE GLO EN GEDOOP IS SAL GERED WORD.
Kyk man ek is gedoop toe ek klein was.
Maar Oom het jy toe geglo.
Onthou ek was 'n baba.
Presies oom.
Man ek weet my kerk is reg. Los my uit
Goed Oom. Onthou net wat Jesus gesê het oor REDDING.

Oom wat van die Spreek in Tale.
Nee dis nie vir vandag nie.
Oom.Die Bybel sê dis jou spesiale taal tussen jou en God.
Man my kerk praat nie daaroor nie.
Dis nie vir my nie.

Oom weet jy dat die Sondagskool handboek sê;
Goddelike genesing is nie vir vandag nie.
Presies ons het mos dokters
Oom, Dokters het gesê my vrou het dikderm moeilikheid
en sy moet maar daarmee saam leef.
'n Vrou bid vir haar vir'n allergie en sy is gesond.
Nou al 30 jaar terug.
Nou wat nou.

Weet jy Oom die Bybel sê as die wet gelees word,
kom daar 'n sluier oor die mens.
Die Bybel sê Dat geen mens geregverdig sal word
deur wetsonderhouding nie.
Nou hoekom lees ons elke sondag die wet.


Die eintlike ding wat die Here met my oor gesels het is oor ons
NAASTE.
Wie is my naaste.
Oom as jy op die plaas werk en John werk saam met jou dan is hy mos jou naaste.
Nee definitief nie. My naaste is my familie.
Ek luister en ek hoor harde woorde oor die mense om ons.
Hulle is sleg, diewe en moordenaars.
Ja oom, maar onder my mense is daar ook diesulkes
Ek tel 'n gevoel van haat op.

Oom jy moet hulle vergewe.
Nee.
Oom as hulle die Here aangeneem het, dan gaan hulle mos ook hemel toe.
Dan wil ek nie gaan nie.
Maar oom daar is dalk meer van die verkeerdes in die hel
Oom as jy nie vergewe nie sê Jesus hy sal jou ook nie vergewe nie.

Ek lees 'n boek van 'n Vrou wat vir 'n tyd lank dood was en weer terug gekom het.
Jesus het haar die belewenis gegee om hemel en hel te sien.

In die hel kom hulle by 'n vrou.
Sy kerm, en sy wil weet hoekom sy hier  in die hel is.
Sy was mos 'n goeie Christen.
Jesus se antwoord.
Jou man het jou verlaat. Jy was kwaad en verbitterd.
Ek het mense na jou toe gestuur met die boodskap: VERGEWE.
Jy wou nie vergewe nie. Dit is hoekom jy hier is

My boodskap.
Kom ons begin die Bybel veral die Nuwe Testament lees en doen.
Die Kerk en die Prediker sal nie daar wees as jy voor Jesus staan nie

Wednesday, May 2, 2012

God se plan met die Mens


Eenheid in Jesus

God maak ons sy Familie


Eph 2:10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ons was Heidene, sonder hoop, sonder God.

Eph 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die 
vlees was en onbesnedenes genoem word deur die 
sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
Eph 2:12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, 
vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge 
ten aansien van die verbonde van die belofte, 
sonder hoop en sonder God in die wêreld.

Die Bloed van Jesus


Eph 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle 
wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Hy is die Prins van Vrede


Eph 2:14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei 
een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

Hy verbreek die vyandskap


Eph 2:15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap 
tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie 
wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, 
die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  en 
albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, 
nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Evangelie van Vrede


Eph 2:17  En Hy het die evangelie van vrede kom 
verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
Eph 2:18  want deur Hom het ons albei die toegang 
deur een Gees tot die Vader.

Ons word Familie van God


Eph 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge 
en bywoners nie, maar medeburgers van die 
heiliges en huisgenote van God,
Eph 2:20  gebou op die fondament van die apostels 
en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is

Ons word 'n woning van God,


Eph 2:21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, 
verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,
Eph 2:22  in wie julle ook saam opgebou 
word tot ‘n woning van God in die Gees. 

Monday, April 30, 2012

God se liefde vir ons Nuwe Verbond (1)


Die Nuwe Verbond

Dis die Verbond van 'n Minnaar


Jesus is die Wonderlikste persoon wat nog ooit geleef het. Hy verander water in wyn. Hy maak siekes gesond. Hy dryf duiwels uit. Hy wek dooies op.Hy spreek 'n woord en die Kaananietise vrou se dogter is genees. 'n Vrou met bloedvloeing raak aan sy kleed en is genees. 'n klomp mense volg hom en eet van sy wonder kos

Maar hulle het nie geglo hy is die Mesisas nie. Hulle het verwag dat Hy die regering gaan oorneem. Hulle wou bevry word van die juk van die Romeine. Hulle het nie sy roeping verstaan nie.

By die Pasga fees stel Hy 'n nuwe Verbond in. 

Dit is 'n verbond van liefde.


Die Brood
Neem eet dit is my liggaam wat vir julle gebreek word.

Hier kom  1 Pet 2:24 in werking:  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Die Beker

Toe neem Hy die beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het gee Hy dit vir hulle en sê: "Drink almal daaruit,want dit is my bloed, die bloed waardeur die Verbond beseël en wat vir baie vergiet word tot die  vergifnes van sondes


Vergifnes van sondes.
Hoekom?
Omdat God (Jesus) 'n Minnaar is.


Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Jesus het die Priesterlike Diens oorgeneem.
Hy het met sy bloed gan betaal in die hemelse tabernakel.
Nie meer diere offer nie.


Kyk wat wil Jesus vir ons hê.


God is vir ons.

Rom 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?


Jesus is vir ons oorgegee.


Rom 8:32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 


God maak ons regverdig. 

Dit beteken dat Hy ons sien heeltemaal sonder sonde. 

Skoon soos Jesus


Rom 8:33  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

Geen veroordeling Jesus tree vir ons in by God


Rom 8:34  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.


Kyk nou hierdie wonderbaarlike liefde


Rom 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Rom 8:36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

Hy maak ons nie net oorwinnaars nie, maar MEER AS OORWINNAARS


Rom 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Rom 8:38  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
Rom 8:39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Kyk net hierdie wonderlike liefde