Wednesday, May 9, 2012

Staan Tradisie Tussen ons en die Hemel

Harde Woorde vir Ons

Jesus het laasnag met my gepraat oor my mense.
As ek sê my mense bedoel ek ons wat in die tradisionele kerke groot geword het
As iemand met my oor 'n ander kerk sou praat wou ek nie luister nie.
Ek het groot geword in die tyd van die Nasionale pary en jy lol nie met my kerk en my politiek nie.
Ek is reg en niemand anders nie.

Sondag gaan ek kerk toe en ek probeer om bidure by te woon.
Ek het deur gegaan as 'n goeie Christen.
Ek was diaken en ek het gesien wat ons vir die kerk gee.
As diaken was jy eintlik lastig om te kom kollekteer.
En O ja. Die dominee mag nie ryk wees nie.

In ons dorp in Wes Transvaal van daardie tyd, was daar vir jong
mense byna niks om te doen nie.
Die A G S begin 'n kofiekroeg in ons dorp.
Onmiddelik word die gemeente gewaarsku teen die SEKTE.
Ons word belet om hulle te besoek.
Die gevolge van die waarskuwing.
Na 2 maande is die Kofiekroeg tot niet.

Dele in die Bybel word geheel en al vermy.
As die Here sê; "WIE GLO EN GEDOOP IS SAL GERED WORD.
Kyk man ek is gedoop toe ek klein was.
Maar Oom het jy toe geglo.
Onthou ek was 'n baba.
Presies oom.
Man ek weet my kerk is reg. Los my uit
Goed Oom. Onthou net wat Jesus gesê het oor REDDING.

Oom wat van die Spreek in Tale.
Nee dis nie vir vandag nie.
Oom.Die Bybel sê dis jou spesiale taal tussen jou en God.
Man my kerk praat nie daaroor nie.
Dis nie vir my nie.

Oom weet jy dat die Sondagskool handboek sê;
Goddelike genesing is nie vir vandag nie.
Presies ons het mos dokters
Oom, Dokters het gesê my vrou het dikderm moeilikheid
en sy moet maar daarmee saam leef.
'n Vrou bid vir haar vir'n allergie en sy is gesond.
Nou al 30 jaar terug.
Nou wat nou.

Weet jy Oom die Bybel sê as die wet gelees word,
kom daar 'n sluier oor die mens.
Die Bybel sê Dat geen mens geregverdig sal word
deur wetsonderhouding nie.
Nou hoekom lees ons elke sondag die wet.


Die eintlike ding wat die Here met my oor gesels het is oor ons
NAASTE.
Wie is my naaste.
Oom as jy op die plaas werk en John werk saam met jou dan is hy mos jou naaste.
Nee definitief nie. My naaste is my familie.
Ek luister en ek hoor harde woorde oor die mense om ons.
Hulle is sleg, diewe en moordenaars.
Ja oom, maar onder my mense is daar ook diesulkes
Ek tel 'n gevoel van haat op.

Oom jy moet hulle vergewe.
Nee.
Oom as hulle die Here aangeneem het, dan gaan hulle mos ook hemel toe.
Dan wil ek nie gaan nie.
Maar oom daar is dalk meer van die verkeerdes in die hel
Oom as jy nie vergewe nie sê Jesus hy sal jou ook nie vergewe nie.

Ek lees 'n boek van 'n Vrou wat vir 'n tyd lank dood was en weer terug gekom het.
Jesus het haar die belewenis gegee om hemel en hel te sien.

In die hel kom hulle by 'n vrou.
Sy kerm, en sy wil weet hoekom sy hier  in die hel is.
Sy was mos 'n goeie Christen.
Jesus se antwoord.
Jou man het jou verlaat. Jy was kwaad en verbitterd.
Ek het mense na jou toe gestuur met die boodskap: VERGEWE.
Jy wou nie vergewe nie. Dit is hoekom jy hier is

My boodskap.
Kom ons begin die Bybel veral die Nuwe Testament lees en doen.
Die Kerk en die Prediker sal nie daar wees as jy voor Jesus staan nie

No comments:

Post a Comment