Eenheid in Jesus |
God maak ons sy Familie
Ons was Heidene, sonder hoop, sonder God.
Eph 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene
in die
vlees was en onbesnedenes genoem word deur die
sogenaamde besnydenis wat
in die vlees met hande verrig word,
Eph 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was,
vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge
ten aansien van die
verbonde van die belofte,
sonder hoop en sonder God in die wêreld.
Die Bloed van Jesus
Eph 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle
wat
vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Hy is die Prins van Vrede
Eph 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei
een gemaak
en die middelmuur van skeiding afgebreek het
Hy verbreek die vyandskap
Eph 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap
tot niet
gemaak het, naamlik die wet van gebooie
wat in insettinge bestaan; sodat Hy,
deur vrede te maak,
die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en
albei in een liggaam met God kon versoen
deur die kruis,
nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
Evangelie van Vrede
Eph 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom
verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
Eph 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang
deur
een Gees tot die Vader.
Ons word Familie van God
Eph 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge
en
bywoners nie, maar medeburgers van die
heiliges en huisgenote van God,
Eph 2:20 gebou op die fondament van die apostels
en
profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is
Ons word 'n woning van God,
Eph 2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg,
verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,
Eph 2:22 in wie julle ook saam opgebou
word tot ‘n
woning van God in die Gees.
No comments:
Post a Comment