Thursday, May 17, 2012

Ons Koning Gaan ons Vooruit

Dankie Jesus 

Dankie vir al julle besoeke.

Ek waardeer dit baie.


Vandag is Jubel Dag.
Ons koning het opgevaar.




Mat 28:16  En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.  

En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.   

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

Dit is wat ek graag wil doen! 

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.  

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

Kyk wat het Jesus vir ons gaan doen het!


  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 


 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 


En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.



Dankie Jesus




Monday, May 14, 2012

Hoekom is ek siek?


Oorsprong van Siekte

Kom ons dink daaroor.


Was daar siekte in die Paradys?
Nee.


Wat van die Hemel?
Nee.


Kan ons aanneem dat siekte saam met die Uittog uit
die Paradys gekom het.

 

Adam en Eva het mag gehad om oor die hele aarde te regeer.

Gen 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.


Kyk wat sê die Engels. Dit lees nie diere nie, dit lees "living thing"

Gen 1:28  And God blessed them: and God said unto them, Be fruitful, and multiply, and replenish the earth, and subdue it; and have dominion over the fish of the sea, and over the birds of the heavens, and over every living thing that moveth upon the earth. 


Kan ons sê dat kieme lewendige goed is?
Wat van kanker?    Wat van die goed wat in jou bloed is?
Ons kan dus sê, hulle twee het die mag gehad om die hele aarde te
onderwerp

                                        MAAR
             
Eva luister na Satan. Doen wat God nie wil hê hulle moet doen nie, en gee hulle mag en gesag oor aan die vyand.

Hoe weet ons dit?  Kyk wat sê die Bybel met Jesus se versoeking.

Mat 4:8  Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
Mat 4:9  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.


Wat sê Jesus van die duiwel:
Joh 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 


Kyk wat sê Jesus hier'
Joh 10:10a.   Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.

Hierdie oorgawe van mag is nog in werking vandag.
Ons sien dit in al die siektes wat ons vandag kry
Ons sien dat vloeke ook nog in werking is vandag.
Oupa se hartmoeilikheid. Pa en ook die seun
Dokters is bewus daarvan.
As Kanker by jou voorkom, onmiddelik wil hulle weet wie anders het kanker.

Nog 'n ding.
In die Ou Testament word die duiwel baie min genoem.

Dit is die oorwinning van die Duiwel oor die mense.

                               MAAR

EER AAN GOD WAT ONS OORWINNING BEPLAN HET.

Ons kyk daarna in die volgende Blog





Dank en Aanmoediging

Dankie vir julle mensies wat kom kyk het.


Ek waardeer julle baie.


Dis my manier om mense te probeer seën.


Een oggend vroeg het ek met Jesus gepraat en
gevra wat ek nog kan doen vir die res van my tyd.


Sy antwoord: INTERNET.


Dis wat ek probeer doen.


Stuur mense as jy so dink!


Julle kan gerus ook gaan kyk na die Engelse blog


mygoodnewsblog.com

Saturday, May 12, 2012

Moses Word Farao se God


Die Grootste Wonderwerk In die Ou Testament.

Moses en die Rooi See.                                           

God sê Moses moet die volk uitlei uit Egipte.
Moses stribbel eers tee.
God gebruik geduld en Moses stem in.

Kyk wat doen God:
Exo 7:1  En die HERE het aan Moses gesê: 
Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, 
en jou broer Aäron sal jou profeet wees. 

Moses doen wat God gesê het en die plae kom oor Egipte.


Moses wil he die volk moet die God gaan aanbid in die Woestyn
Eers se Farao Net die manne kan gaan. 
Moses weier.
Dan probeer Farao die diere terug hou. 
Moses val nie daarvoor nie. 
Al die plae vind plaas.

Die Rooi See
Water in Bloed
Paddas
Tot hier kon die towenaars by bly, maar nie verder nie.
Hulle se vir Farao: "Dis die Vinger van God.
Nie verder nie.
Muskiete
Steekvliee
Pes onder vee
Swere mens en diere
Hael
Sprinkane
Duisternis
Dood van Eersgeborenes


Uiteindelik se Farao
Exo 12:31  Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het. 
Exo 12:32  Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook. 

Manne
Hoeveel mense het getrek.
600.000 Manne.


Kinders
Kom ons raai maar.
Kom ons se 3 kinders per man 1.8 miljoen


Exo 12:37  En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. 


Ons weet nie hoeveel kinders nie maar. . . 
Exo 1:11  Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. 
Exo 1:12  Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.

Gemengde Bloed
Menigte mense met gemengde bloed
Exo 12:38  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. 


Gemengde Bloed.
Ek kan nie eers raai nie. 
Kom ons sê 1 Miljoen


Vroue 
600.000 


Beeste
Kom ons sê elke man het net 10 beeste gehad.
Dit maak 6 miljoen beeste


Skape en Bokke 
Ons skat hopeloos te min maar sê
100 skape en bokke per man
600.000 x 100 = 60miljoen




Ons tel dit saam.
Ek dink dit is te min vir 70 miljoen
Manne                      600.000                           
Vroue                       600.000
Kinders                 1.800.000
Gemengde bloed  1.000.000
Beeste                  6.000.000
Klenvee              60.000.000
                           ---------------
                            70.000.000


70 Miljoen moet deur die Rooi See.



Kan jy jou voorstel hulle is almal deur die Rooi see
En die hele tyd wat die 70 miljoen deurgaan het God 
gekeer dat die Egiptenare nie naby hulle kon kom nie

Exo 14:19  En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; 
Exo 14:20  so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.


Nadat Moses-hulle deur is vernietig God die hele leermag van Farao
Exo 14:28  En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.

Nou Mara se Bitterwater
Moses gooi 'n stuk hout in die water en dit word gesond.

Hulle reken dit kan die rots wees wat deur Moses geslaan is

Ek glo dis hoe dit moes gelyk het as 70 miljoen moes drink

Maar kom ons kyk na die rots by Massa en Meriba.


Die volk kla al weer oor water



God gee hulle water.


Dink daaraan.
Moses slaan die rots en daar kom genoeg water uit
om die mense en diere se dors te les. Die Bybel sê nie hoelank hulle die water gebruik het nie.



Volgens Kenners is dit hoe dit gelyk het in die tyd van Moses.


Hoe groot is ons God! 

Hulle kla oor kos maar hulle het beeste en kleinvee by die duisende.


Wednesday, May 9, 2012

Staan Tradisie Tussen ons en die Hemel

Harde Woorde vir Ons

Jesus het laasnag met my gepraat oor my mense.
As ek sê my mense bedoel ek ons wat in die tradisionele kerke groot geword het
As iemand met my oor 'n ander kerk sou praat wou ek nie luister nie.
Ek het groot geword in die tyd van die Nasionale pary en jy lol nie met my kerk en my politiek nie.
Ek is reg en niemand anders nie.

Sondag gaan ek kerk toe en ek probeer om bidure by te woon.
Ek het deur gegaan as 'n goeie Christen.
Ek was diaken en ek het gesien wat ons vir die kerk gee.
As diaken was jy eintlik lastig om te kom kollekteer.
En O ja. Die dominee mag nie ryk wees nie.

In ons dorp in Wes Transvaal van daardie tyd, was daar vir jong
mense byna niks om te doen nie.
Die A G S begin 'n kofiekroeg in ons dorp.
Onmiddelik word die gemeente gewaarsku teen die SEKTE.
Ons word belet om hulle te besoek.
Die gevolge van die waarskuwing.
Na 2 maande is die Kofiekroeg tot niet.

Dele in die Bybel word geheel en al vermy.
As die Here sê; "WIE GLO EN GEDOOP IS SAL GERED WORD.
Kyk man ek is gedoop toe ek klein was.
Maar Oom het jy toe geglo.
Onthou ek was 'n baba.
Presies oom.
Man ek weet my kerk is reg. Los my uit
Goed Oom. Onthou net wat Jesus gesê het oor REDDING.

Oom wat van die Spreek in Tale.
Nee dis nie vir vandag nie.
Oom.Die Bybel sê dis jou spesiale taal tussen jou en God.
Man my kerk praat nie daaroor nie.
Dis nie vir my nie.

Oom weet jy dat die Sondagskool handboek sê;
Goddelike genesing is nie vir vandag nie.
Presies ons het mos dokters
Oom, Dokters het gesê my vrou het dikderm moeilikheid
en sy moet maar daarmee saam leef.
'n Vrou bid vir haar vir'n allergie en sy is gesond.
Nou al 30 jaar terug.
Nou wat nou.

Weet jy Oom die Bybel sê as die wet gelees word,
kom daar 'n sluier oor die mens.
Die Bybel sê Dat geen mens geregverdig sal word
deur wetsonderhouding nie.
Nou hoekom lees ons elke sondag die wet.


Die eintlike ding wat die Here met my oor gesels het is oor ons
NAASTE.
Wie is my naaste.
Oom as jy op die plaas werk en John werk saam met jou dan is hy mos jou naaste.
Nee definitief nie. My naaste is my familie.
Ek luister en ek hoor harde woorde oor die mense om ons.
Hulle is sleg, diewe en moordenaars.
Ja oom, maar onder my mense is daar ook diesulkes
Ek tel 'n gevoel van haat op.

Oom jy moet hulle vergewe.
Nee.
Oom as hulle die Here aangeneem het, dan gaan hulle mos ook hemel toe.
Dan wil ek nie gaan nie.
Maar oom daar is dalk meer van die verkeerdes in die hel
Oom as jy nie vergewe nie sê Jesus hy sal jou ook nie vergewe nie.

Ek lees 'n boek van 'n Vrou wat vir 'n tyd lank dood was en weer terug gekom het.
Jesus het haar die belewenis gegee om hemel en hel te sien.

In die hel kom hulle by 'n vrou.
Sy kerm, en sy wil weet hoekom sy hier  in die hel is.
Sy was mos 'n goeie Christen.
Jesus se antwoord.
Jou man het jou verlaat. Jy was kwaad en verbitterd.
Ek het mense na jou toe gestuur met die boodskap: VERGEWE.
Jy wou nie vergewe nie. Dit is hoekom jy hier is

My boodskap.
Kom ons begin die Bybel veral die Nuwe Testament lees en doen.
Die Kerk en die Prediker sal nie daar wees as jy voor Jesus staan nie

Wednesday, May 2, 2012

God se plan met die Mens


Eenheid in Jesus

God maak ons sy Familie


Eph 2:10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ons was Heidene, sonder hoop, sonder God.

Eph 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die 
vlees was en onbesnedenes genoem word deur die 
sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
Eph 2:12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, 
vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge 
ten aansien van die verbonde van die belofte, 
sonder hoop en sonder God in die wêreld.

Die Bloed van Jesus


Eph 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle 
wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Hy is die Prins van Vrede


Eph 2:14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei 
een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

Hy verbreek die vyandskap


Eph 2:15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap 
tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie 
wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, 
die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  en 
albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, 
nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Evangelie van Vrede


Eph 2:17  En Hy het die evangelie van vrede kom 
verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
Eph 2:18  want deur Hom het ons albei die toegang 
deur een Gees tot die Vader.

Ons word Familie van God


Eph 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge 
en bywoners nie, maar medeburgers van die 
heiliges en huisgenote van God,
Eph 2:20  gebou op die fondament van die apostels 
en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is

Ons word 'n woning van God,


Eph 2:21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, 
verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,
Eph 2:22  in wie julle ook saam opgebou 
word tot ‘n woning van God in die Gees. 

Monday, April 30, 2012

God se liefde vir ons Nuwe Verbond (1)


Die Nuwe Verbond

Dis die Verbond van 'n Minnaar


Jesus is die Wonderlikste persoon wat nog ooit geleef het. Hy verander water in wyn. Hy maak siekes gesond. Hy dryf duiwels uit. Hy wek dooies op.Hy spreek 'n woord en die Kaananietise vrou se dogter is genees. 'n Vrou met bloedvloeing raak aan sy kleed en is genees. 'n klomp mense volg hom en eet van sy wonder kos

Maar hulle het nie geglo hy is die Mesisas nie. Hulle het verwag dat Hy die regering gaan oorneem. Hulle wou bevry word van die juk van die Romeine. Hulle het nie sy roeping verstaan nie.

By die Pasga fees stel Hy 'n nuwe Verbond in. 

Dit is 'n verbond van liefde.


Die Brood
Neem eet dit is my liggaam wat vir julle gebreek word.

Hier kom  1 Pet 2:24 in werking:  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Die Beker

Toe neem Hy die beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het gee Hy dit vir hulle en sê: "Drink almal daaruit,want dit is my bloed, die bloed waardeur die Verbond beseël en wat vir baie vergiet word tot die  vergifnes van sondes


Vergifnes van sondes.
Hoekom?
Omdat God (Jesus) 'n Minnaar is.


Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Jesus het die Priesterlike Diens oorgeneem.
Hy het met sy bloed gan betaal in die hemelse tabernakel.
Nie meer diere offer nie.


Kyk wat wil Jesus vir ons hê.


God is vir ons.

Rom 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?


Jesus is vir ons oorgegee.


Rom 8:32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 


God maak ons regverdig. 

Dit beteken dat Hy ons sien heeltemaal sonder sonde. 

Skoon soos Jesus


Rom 8:33  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

Geen veroordeling Jesus tree vir ons in by God


Rom 8:34  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.


Kyk nou hierdie wonderbaarlike liefde


Rom 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Rom 8:36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

Hy maak ons nie net oorwinnaars nie, maar MEER AS OORWINNAARS


Rom 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Rom 8:38  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
Rom 8:39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Kyk net hierdie wonderlike liefde


Tuesday, April 17, 2012

Jy Konings Kind het Mag en Gesag oor die Krag van die Duiwel.


Sleutels van die Koninkryk. Bind en Ontbind.

Jesus sê:
Joh 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Het ons lewe en oorvloed?
Kyk ons hospitale!
Wat van armoede?
As ons kyk. Die gedagtes kom by ons op. 


Is die Skrif 'n leuen?  Nee 100 maal nee.
As in ons lewens gesteel, geslag en verwoes word, waar is die fout?
Want Jesus kan nie lieg nie.

Ek het nie lewe en oorvloed nie.

Hoekom nie?

Hier kom die Sleutels van die koninkryk in.

Mat 16:19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Mat 18:18  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

In die Amplified Bybel staan dit so:Truly I tell you, whatever you forbid and declare to be improper and unlawful on earth must be what is already forbidden in heaven and whatever you permit and declare proper and lawful on earth must be what is already permitted in heaven.


Nou kom die vraag?

Wat is toegelaat in die hemel.

Kan ons sê dat lewe en oorvloed in die hemel is.   Ja
Dan kan ons dit toelaat op aarde
Alles wat mooi is goed edel rein volmaak is.
Dan laat ons dit toe op aarde. Ons ontbind hierdie goeie goed

Wat is nie toegelaat in die hemel. 

Kan on se armoede is een van die dinge. wat van teenspoed.
Ook siekte, moord, hebsug, diefrstal, afgodsdienaars ens.
Dan bind ons hierdie dinge.

Ons kan nie mense bind of ontbind nie.

Ons kan wel die lelike dinge wat hulle teister bind.
en die goeie oor hulle ontbind.

Het ons die reg om dinge te bind en te ontbind?


Kom ons kyk wat sê die Skrif
Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Nou kan jy se: "Ja maar dit is vir die disipels".

Goed kom ons kyk verder wat se Jesus.

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in
 die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

NOU IS ONS VERPLIG OM DIE LEWE VAN ONS HUISGESIN.
ONS VRIENDE MAKLIKER TE MAAK.

Nou kan ons sien dat siekte, armoede en die lelike dinge nie reg oor ons het
 nie.

Hoe doen ons dit.

1. Siekte
As enige pyn iewers ontstaan stop ons dit dadelik.
"Pyn ek stop jou in die Naam van Jesus"
Partykeer se ons sommer: "Voertsek in die Naam van Jesus"

2.Oor ons Kinders en familie.
"Ons bind dit wat wil slag steel en verwoes in die Naam van Jesus"
"En ons ontbind lewe en oorvloed in die Naam van Jesus."

Jy kan dit saam met jou kinders doen of in hulle afwesigheid.

3. Die Bloed
"Ons plaas ons kinders onder die bloed van Jesus"
"Of ons pleit die bloed van Jesus oor die situasie."

Kyk wat doen die Bloed en dan die woorde wat ons spreek.

Open 12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer  van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

Open 12:11  En hulle het hom (Satan) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.


Dankie Jesus vir die Sleutels en U bloed
















Thursday, April 12, 2012

Wat Dink God Van Jou

God wil weer die Pa wees. 

Kom ons kyk wat sê Joh 1 vers 12,13 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.


 Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Psalm 103

Adam en Eva leef in ideale omstandighede..

 Hulle wandel met God. Hulle het met God gesels soos kinders met hulle ouers, maar deur ongehoorsaamheid gee hulle al die mag en gesag wat hulle het, aan die duiwel oor.


God het gesê hulle sal sterf. Nee hulle ligame het nie dadelik gesterf nie, maar hulle gees het onmiddelik gesterf. Hulle kon nie meer met God wandel soos voorheen nie. 

Nou Kom Jesus 

Eph 2:4  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—   en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Kyk wat sê die Engels: 

It is by God's grace that you have been saved.
In our union with Christ Jesus he raised
us up with him to rule with him in the heavenly world.


Genade Genade. . . . 

Eph 2:7  sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 
Eph 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 
Eph 2:9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.


Geskape vir goeie werke

Eph 2:10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Ons was vreemdelinge. Sonder hoop

Eph 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 
Eph 2:12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

Kyk wat doen die Bloed van Jesus en die kruis vir ons

Eph 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het   deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Jesus herstel wat Satan van Adam afgeneem het 

Eph 2:17  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.



God se Huisgesin is herstel. 

Eph 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 







Sunday, April 8, 2012

Jesus leef. Hy't opgestaan. Haleluja

Dankie Heilige Gees.

U het Jesus weer lewe gegee.

Dankie Jesus

Dat u die mense van die ou testament genadig gewees het.
Dankie dat u na die gevangenis gegaan het om hulle vry temaak
Dat U die evangelie aan hulle gaan verkondig nhet


1Pe 3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
1Pe 3:19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
1Pe 3:20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
1Pe 3:21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
1Pe 3:22  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

Ek wil dankie sê vir julle wat kom kyk na hierdie blog. Ek glo julle is deur die Heilige Gees gestuur. Ek is nie meer vandag se kind nie. Ek is nooit geroep om die Evangelie op preekstoele te verkondig nie.Ek het Jesus lief met alles wat in my is.

Een oggend lê ek wakker. Ek gesels met Jesus. "Wat kan ek doen. Ek wil dit wat U my geleer het met ander mense deel. U ken seker die liedjie "Moet ek gaan met leë hande. Moet ek so my Heer ontmoet" Dit is wat in my gedagtes om gegaan het. Die volgende oomblik kom die woord in my gedagtes op  INTERNET. Dit het so dringend gekom dat ek onmiddelik begin soek het hoe om dit te doen.

Ek is eerlik. Dit het dae en weke vir my gevat om hierdie goed reg tekry. Ek het niks geweet van Website
bou en nog minder van Blogs. Ek glo die Heilige Gees het my gehelp om dit te kan doen. Ek is gelei om 'n Blog in Engels te begin. Dis vir 'n ou wat al sy lewe Afrikaans gepraat het nie maklik nie.

Die Engelse een is mygoodnewsblog.com

Ek het begin en ek is nog steeds verbaas oor die reaksie. Dat julle by die Blog uitgekom het is alreeds vir my 'n wonderwerk. Dink saam hoeveel miljoene goed is op die Web. En julle het hierdie Blog raak geloop.

Wat my regtig verbaas is julle ouens uit Rusland. Julle uit Duitsland, Australië,VSA, Kanada,en die U.K.
Julle ouens uit Suid Afrika. Baie Dankie.

WIL JULLE NIE ASSEBLIEF 'N E-POS STUUR EN MY MEER VAN JULLE SELF VERTEL NIE
EK GAAN DIT SO BAIE WAARDEER. My e-pos adres c4hope2@gmail.com

Julle kan ook Kommentaar lewer by die "comments"

Roep Jesus aan in in die dag van benoudheid.
Hy SAL HELP!

Soos Hy vir my en Driekie gehelp het


Liefde van die "VAN TONDERS@






Wednesday, April 4, 2012

Jesus My God Sterf Sodat Ek Kan Leef


Die Prys vir my en jou Sonde

Ons gaan nou die mees belangrikste tyd in.

Jesus is op die vooraand om gekruisig te word.

Wat sou gebeur het as Jesus kop uit getrek het?

Kom ons dink daaroor.
1. Sy hele roeping het misluk
2. Sy aankondigings dat hy oorgelewer sou word en na drie dae opstaan sou vals wees
4. Die Bybel sou dan net 'n boek wees.
5. Onwaarhede is dan verkondig Die profesië oor Hom
6. Alle mense sou moes hel toe gaan
7.Satan sou dan steeds die alleen heerser wees
8.Dan was ons lewens alles tevergeefs
9.Daar sou geen Nagmaal wees nie
10. Geen verlossing van siektes

MAAR


Die Bo-Kamer.
Dertien manne eet 'n heerlike ete saam.
Die Disipels is heeltemal gerus. Hulle weet van niks.
Dan kom die grootste aankondiging ooit.

Hy vra die seën.
NEEM EET DIT IS MY LIGGAAM WAT VIR JULLE GEBREEK WORD.

Dadelik word voorsiening gemaak dat deur die wonde van Jesus ons genees kan word,

En Jesaja 53 kom in vervulling.

 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.

Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.


Wag net 'n bietjie. Hy word amper geslaan. Hy gaan binnekort met sambokke geslaan word. Ek wil huil as ek daaraan dink. Ek is 'n man met baard. Hulle het sy vel geskeur soos hulle sy baard uitgeruk het. Kan jy dink hoe dit moet voel. Ek kan. Dan nog die vermetelheid. HULLE SPOEG OP MY GOD.

Hy spreek 'n dankgebed uit en dan...


Die beker.
DRINK ALMAL DAARUIT, WANT DIT IS MY BLOED.

'n Nuwe Verbond deur My BLOED.

Nou is dit nie meer nodig dat 'n klomp diere dood gemaak moet word om julle sondes toe te maak nie. Hierdie Nuwe Verbond is nou 'n Verbond van GENADE.
Ek gaan my bloed stort in plaas van die diere.

TOT VERGIFNIS VAN SONDE.

As jy hierdie beker neem erken jy dat sy bloed jou reinig van alle sondes.

Jou diefstal is vergewe.

Jou gevloek is vergewe. 

Die moord op daardie ongebore baba van jou is vergewe

Jou seksuele verkeerdhede is vergewe.

Al jou foute van die verlede is vergewe.


Man jy is skoon.

Kyk wat het ek opgetel in die Bybel oor die Bloed van Jesus

Jy is
 Verlos                                                                                
Gewas
Gereinig
Vergewe
Geregverdig 
Versoen
Vrymoedigheid  tot God
Vrede
Oorwinning
Los gekoop

In die tuin van Getsemane.
Jesus sweet bloed. Kan jy dink dat Hy dalk bang gewees het. Hoe sou ek en jy gevoel het. Hy vra of dit nie moontlik is dat hierdie, beker, by Hom kan verbygaan nie. MAAR DANK GOD DAT DIE BEKER NIE BY HOM VERBY GEGAAN HET NIE

God het aan jou en aan my gedink.

Ons ken die kruisiging. Het dit al baie gesien.

Ken jy Deuternomium 28. Die Seen en die vloek
Die seen is rykdom en voorspoed
Die vloek is siekte armoede en teënspoed

Kyk wat gebeur nog by die kruis
Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring deur in ons plek 'n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan 'n hout opgehang is". Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So ontvang ons dan deur die geloof die Gees wat God beloof het.

En was Abraham geseend. So ryk dat hy ryker was as van die konings waar hy gebly het.

Kyk wat laat Jesus opskryf in Openbaring.
Hy sê
Die Duiwel en die Satan is die een wat oor ons by God gaan skinder.

MAAR.
Ons oorwin deur die bloed van die Lam.
En deur die woorde wat ons getuig.

Ons kan vra vir beskerming deur sy bloed.
As verkeerde gedagtes in ons kop vorm kan ons sê
Ek pleit die bloed van Jesus oor MY gedagtes
En sy bloed SAL ONS BESKERM

o Ja hulle sê pleit sy bloed  staan nie in die Bybel nie, maar dit werk.

Thursday, March 29, 2012

Groot gewas. Driekie Sterf vir 20 Minute


Die duiwel wou my vrou se lewe steel.
Jesus gebruik ook Dokters om sy werk te doen!


Mei 2006
Saterdag ry ons fiets op Vanderbijlpark. Lekker koel windjie.
Ek ry die 40 km. Driekie ry saam met haar kleinseun Drickus die 10 km
Ons almal het dit baie geniet. Ons kuier by ons dogter Sanet op Sasolburg.

Die middag kla Driekie oor 'n effense hoofpyn. Sy steur haar nie daaraan nie

Sondag kla sy nie. Die middag ry ons Secunda toe. Dis nou die plek wat jy kan sien wat jy inasem. Ons bly in Trichardt. Dis reg langs Secunda. Steenkool en brandstof is verantwoordeik vir Secunda se ontstaan.

Driekie konk uit

Maandag aan die ontbyt tafel. Ons sit en gesels .  Ek kyk na Driekie en haar oë staar dak toe. Iets is fout. Ek roep haar naam. Geen reaksie. Wat nou?

Ek help haar grond toe. Sy word naar. Ek gaan haal vinnig 'n emmer. Sy gooi op. Sy's bietjie deurmekaar. Ek laat haar op die grond lê. Dis wat ek gedoen het met die epilepsie. Hierdie ding is anders.

"Driekie kan jy opstaan"  Sy probeer. Hier is groot fout. Haar krag is skielik weg.

Ek help haar kamer toe op 'n matjie. Sy help en ek sit haar in die bed. Ek bel die dokter. Sy aanbeveling. Pynpille.  Ek los haar by die huis en ry apteek toe. Niemand om na haar te kyk nie.

Terug by die huis gee ek haar die pille met water. Sy sluk dit en gee die glas terug.

Driekie Sterf
 Sy sak terug op die kussings en kreun: "O MY KOP!" En sy blaas haar asem uit.

Ek kyk na haar. Ek wag vir die inasem . Niks. Ek wag nog. Steeds niks. Goed. dan "CPR".  25 Jaar gelede op 'n pop saam met 'n klomp mans het ons noodhulpklasse bygewoon. Dit was 'n groot grap.

Nou moet ek dit doen. My eerste gedagte. Saterdag 10 km fiets gery. Sondag effense hoofpyn. Nou dood. "No ways." Ek het glad nie gedink aan dood nie. Ek het besluit ek sal nie ophou blaas nie. SY SAL LEEF!
Ek onthou. Kop af, skouers op. Ek begin blaas. Die lug kom uit deur die neus. O K druk die neus toe. Blaas die lug wil nie ingaan nie.

Die tong het terug gesak. Blokkeer die lugpyp. Dan harder blaas. Ek doen 2 hart masserings en sê elke keer "Driekie haal asem" Ek stoei. Partykeer vat ek die tong en probeer hom uit die keel uit trek. Hy gaan net eenvoudig dadelik weer terug.

My bene is lam langs die bed. Elke keer "Driekie haal asem."

Ek onthou die selfoon langs haar, Ek skakel my dogter Daleen. Sy bly in Secunda. "Kry vir ons 'n ambulans of 'n dokter" Ek dink aan suurstof.

Toe gaan ek aan en nou sê ek nie meer "Driekie haal asem" nie

Met elke blaas  "Jesus Help" Ek blaas hard. Skielik kry ek die idee om haar kop langs die kant van die bed af te trek. Nou lê ek omtrent op my maag en blaas, Elke slag "Jesus Help" Ek het glad nie aan dood gedink nie.

Ek het nog so geblaas toe hoor ek 'n sagte insuig geluid. Uuurg!  "Yes Yes"  Dit was die mooiste geluid wat ek nog gehoor het. Nog 'n paar blase toe haal sy self asem. DANKIE JESUS.

Dit was 'n gespook van 20 minute, maar sy LEEF. DANKIE DANKIE JESUS

Dokter toe

My dogter en 'n jong man daag op.  Ons dra haar kar toe. Dit was moeilik sy was heeltemal slap. In die kar gooi sy op. Ons jaag dokter toe. Op pad gooi sy nog op. Ons keer met 'n baadjie van Daleen. Die dokter het net een kyk gegee. "Hospitaal toe".

Dis nou Evander Staatshospitaal. Hulle ontvang haar dadelik.  Hulle sukkel om haar bloed druk te neem. Byna geen druk nie. Hulle wil 'n "drip" opsit. Hulle sukkel lank om 'n aar te kry.

Hulle besluit sy moet na die groter hospitaal in Witbank gaan. Sy's toe Witbank toe met die ambulans. Ek en Daleen is agterna met my kar.

Verwarring.

Hulle neem plate en besluit sy moet Pretoria Akademies toe gaan. Ek vra vir die Ambulans manne wat gaan hulle doen. Hulle antwoord: "Die ambulans is in 'n swak toestand. Ons gaan terug Evander toe" En hulle ry.

Nou wat nou. Evander kon juis niks doen nie. Ons besluit om terug te ry Evander toe. By die hospitaal. Niks. Hulle weet nie waar Driekie is nie.

Ons ry Pretoria toe en kry haar daar. Nog baie deurmekaar, maar O K.

Die volgende oggend.

Driekie leef, maar die regter oog kyk skeef en sy is siek. Wat 'n skok die vrou wat ek liefhet is heeltemal skeel. Ek hou my sterk en troos haar so goed as wat ek kan. Bederf haar met eetgoed.

Prof Shapiro en sy span ondersoek haar en hulle laat brein skanderings doen.

Ek bly by Hennie in Culinan. Ek slaap die nagte daar en bedags gaan ek hospitaal toe. Driekie wil nie hê ek moet huis toe kom nie.

Drie weke van wag. Drie weke wat ek in die parkeer area deurbring  Dit lyk of hulle nie weet wat om te doen nie. Dan besluit hulle om more te opereer. Ek wag in die wagkamer om te hoor hoe laat.


Die volgende oomblik kom Eddie Gurnell ingestap. Hy is nie meer by Akademies nie. Hy is by Little Company of Mary. Hy's die een wat gesê het vyftig vyftig, maar oor die ander vyftig bid ons.

Toe hy my sien sê hy: "Mnr van Tonder wat doen jy hier" Hy het my onthou en hy vra wat gaan aan. Ek sê hulle moet opereer. Sy opmerking: "Daardie klip. Laat ek gaan kyk"


Hy werk nie meer daar nie. Wat het hy daar kom maak? Ons glo Jesus het hom gestuur.

By Driekie aangekom vra hy haar hoe gaan dit?  Sy kyk in sy blou oë en sê vir hom sy sien dubbel visie. Dit het gelyk of die ander dokters haar nie verstaan nie. Hulle weet mos nie of sy van nature skeel is nie.

Hy het na die ander dokters toe gedraai en vir hulle gesê hulle moet nog toetse doen.

By my aangekom vra ek hom of hy sal bystaan met die operasie. Hy't gesê hy sal en hy het, alhoewel hy niks gekry het vir die operasie nie.

Ons het nog 'n week gewag vir die groot dag.


Sukses
Na die operasie het ek hom en Dr Joubert raakgeloop en gevra hoe dit gegaan het. Sy antwoord was. "Dit gaan goed. Dis die klip wat haar wou doodmaak. Hy het haar brein ingedruk. Toe ons hom weg geboor het, het die brein opgestaan en in sy normale posisie gaan lê".

Dankie Dokter!

Toe ek by haar kom het die oog al reg getrek. Was ek bly en dankbaar.

Sy sê die regter oog is nou 'n bietjie stadig, maar dit hinder haar nie.

Haar susie se gewas was so kwaad dat haar brein uitgepeul het.

 Nie een van die 3 gewasse was kwaadaardig nie. Na 3 dae was Driekie by die huis en sy is gesond tot vandag toe.

ONS IS NET BAIE DANKBAAR TEENOOR DIE HERE JESUS.

DIS NET GENADE

Wednesday, March 28, 2012

Gewasse Op Die Brein

Epilepsie bekruip ons met 'n  Mond Vol Bloed 


Die Jaar 2002.  2 Uur die oggend

Terwyl ons slaap begin Driekie gil, 'n Onaardige gil. Ek weet nie wat gaan aan nie. Sy lê styf geskop en haal snaaks asem. Ek is heeltemal oorbluf. In die styfskop het sy van die bed af geval. Haar tong is stukkend gebyt.

Ons bel die ambulans. Toe hy arriveer was sy al by haar sinne. Nog baie deurmekaar.
Sy kom mooi by,  Sy wil by my weet wat gebeur het.


Ek weet van die Epilepsie niks nie. Ek was so verward. Wat is dit? Wat kan dit wees?


Die volgende dag is ons Dokter toe. Hy kan vir ons niks doen nie.


Daarvandaan is ons Witbank toe. Hulle neem plate. Hy sê dis bloeding op die brein. Bespreek vir ons by Akademies in Pretoria.


Ons ry huis toe. Ons is lief vir mekaar. En ons huil altwee. Wat gaan nou gebeur? Is dit nou dalk die tyd wat ons paaie gaan skei. As dit so moet wees, ek weet Driekie het oorgegee aan Jesus, maar ek... sonder my vrou.



Ons ry Pretoria toe in stilte, met baie vrae. Dan bid ons en vra hulp van Jesus.


Plate is geneem. Dr Bezuidenhout sê ons moet onmiddelik die gewasse laat verwyder. Hy wou plek bespreek in die hospitaal, maar ons was nie tevrede nie.


Driekie se sussie het ook 2 gewasse gehad. Toe hulle opereer peul die brein uit en sy is binne 3 dae dood. Dit was in 1998.


Ons is huis toe. Ons het besluit om te wag.  Ons dokter het pille aanbeveel wat die epilepsie onder beheer gehou het. Die aanvalle is redelik ver uit mekaar uit en ons leef daarmee saam.


Ons besluit om Suidkus toe te gaan vir 'n week. Ons weet mos nie hoe lank ons nog bymekaar gaan wees nie. Ek wou my vrou nog geniet.




Ons het die week geniet. Elke dag saam golf gespeel. Shelley Beach. Margate. Port Shepstone. 


Nou leef ons net vir vandag. Ons bid baie. Ek hou die aanvalle dop. Dis lelik. Gewoonlik is haar mond stukkend en  vol bloed.


In 2005 begin die aanvalle vinniger op mekaar kom. Sy begin sit en staar. Stel nie meer belang in dit wat om haar aangaan nie


Sy begin met 'n sin en kan dit nie klaar maak nie. Sy vergeet haar klein kinders se name. Sy kan nie haar blaas beheer nie.


Dis toe dat ons besluit ons het nou nie 'n keuse nie. Ons is weer Akademmies toe in Pretoria.


Ons twee meisies het saam gegaan.  Eers plate geneem. Hulle twee wag vir die plate. Die vrou wat die plate vir hulle gee om dokter toe te neem vra vir hulle: "Hoe lank het julle ma al die kanker"


Asvaal met groot oë kom hulle by ons aan.


Dr Eddie Gurnell bestudeer die plate en hy sê ons moet dadelik opereer.


Ek vra hom wat haar kanse is. Sy antwoord:  "Vyftig vyftig, maar oor die ander vyftig bid ons".


Ons was so dankbaar vir hom. Hy weet hy kan sy bes doen, maar hy het nog die hulp van ons HERE JESUS nodig.


Die operasie is geskeduleer en ons is eers terug Secunda toe.


Die oggend toe hulle haar instoot na die operasie area, staan ek nog haar hand en vashou. 'n Verpleegster kom uit een van die kantore en begin sing. Dadelik kom die hele klomp bymekaar. Lees Skrif uit die Bybel en bid.



Kan jy dink hoe het ek gevoel het. Dankie JESUS SY'S IN GOEIE HANDE.


Na die operasie gesels ek met Dokter Eddie: "Dis 'n sukses. Die een gewas kon ons so te sê
afskep. Die ander een is in die brein in. Ons kon hom nie heeltemal verwyder nie, Ons het tot by die brein gesny en hom toe gebrand. Die ander een agter is groot, maar dit is 'n klip, hy sal niks maak nie"


Binne 4 dae is Driekie by die huis. Haar epilepsie is weg en haar blaas is terug na normaal
toe. Haar geheue is terug en skerper as voorheen.





BAIE  DANKIE JESUS 

====DIE KLIP MAAK AMOK====

Tuesday, March 27, 2012

Staan op God se Woord



Olie verdwyn. 
Moeilikheid Op Delareyville

"Waar is hierdie 3 dromme olie. Jy is verantwoordelik. Ek wil weet wat van die olie geword het".

Dit was my baas Mnr Cedric Brown van Klerksdorp. Op hierdie stadium was ek Depot Bestuurder op Delareyville.

Elke maand kom my hoof en hy doen inspeksie van ons Depots. Ons kry elke maand 'n produkte lys van die Kaap af. Hier het Mnr Brown gesien dat die olie kort is.

Ek het geskrik. Onmiddelik voel ek skuldig. Wat nou?

Hy dring aan op 'n antwoord. My antwoord: "Mnr ek weet nie maar dit sal uitkom"
Ek het dit nie gevat nie. Dis Trekker olie.

Onmiddelik na hy weg is roep ek my manne bymekaar en probeer uitvind wat van die olie geword het. Niks. Ek kontak die karweier Niks. Dan kontak ek Amie Strauss ons verkoopsman. Ook niks. Ek bietjie moedeloos.

Met die volgende besoek was Mnr Brown baie nukkerig.  Ek het nie geweet wat om te doen nie.

Na sy vertrek loop ek tussen die olie dromme en ek gesels met Jesus. Die volgende oomblik kom die Skrif in my kop op, WERP AL JULLE BEKOMMERNIS OP HOM, HY SORG VIR JULLE.   1 Pet 5: 7

Onmiddelik sê ek: "Jesus ek gooi hierdie probleem op U"  Ek het bedoel wat ek gese het.

Om die eerlike waarheid te se ek vergeet skoon van die probleem.

Ek moet net iets hier verduidelik. Ons olie is van die Rafinadery in Durban per trein na ons toe gestuur.

Mnr Brown kom besoek weer. Hy kyk na die produkte lys. En toe gil hy dit amper uit:
"Wat gaan hier aan"  Hy kyk my op en af en ek voel of ek kan wegkrimp. Daar heers 'n lang stilte.

Ek skraap moed bymekaar. "Mnr wat is dit"

Nog stilte. Toe kom sy antwoord stadig: "Ek weet nie, maar die Rafinadery het die olie terug geskryf na hulle toe. Dit is nie meer op jou boeke nie"

Kan jy dink hoe het ek gevoel. Ek slaak 'n sug van verligting. "Ek het Mnr mos gese dit sal uitkom"

En dadelik begin ek vir Jesus dankie se. Ek was so bly. Sy beloftes is so groot en  ons kan staan op sy beloftes. My God sorg vir ons.

En.
U Woord staan vir altyd vas in die hemel
U trou is van geslag tot geslag.
Ps 119:89


Friday, March 23, 2012

Heilige Gees

EK WIL DIE HEILIGE GEES Hê


Kom ons gesels oor die Heilige Gees.

In die begin het die Heilige Gees oor die waters gesweef

Sonder die Heilige Gees was Jesus nie daar nie.

Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.
Dis by Maria.

Sonder die Heilige Gees was Jesus nog in die graf, want die Heilige Gees het Hom opgewek 

Sonder die Heilige Gees . . . . . .

Nee asseblief nie. Hy's dan die krag van God.

Ek het by die biblioteek in Delareyville 'n boek oor die Heilige Gees uitgeneem. Geskryf deur 'n belangrike persoon. Ek kan nie eers meer sy naam onthou nie. Ek het die boek gelees en ek kon nie begryp hoekom net predikante die Heilige Gees moet hê nie.

Ek het gesien dat Jesus die Heilige Gees gestuur het vir 120 in die bo-kamer en hulle was volgens my, die meeste gewone gelowiges. As hulle die Heilige Gees kon kry wil ek Hom ook hê.

Ek het bly soek en gesien hoe baie oor die Heilige Gees gesels is.

Onder andere hierdie gedeelte:
1Co 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Ek wil nie so wees nie. Ek wil hoor as God met my praat. Ek sien baie dinge van die Heilige Gees. Ek sien die 9 gawes van die Heilige Gees.
Ek sien dat die Heilige Gees vir Paulus rond stuur. Ek sien in Romeine 8 dat almal wat hulle deur die Gees van God laat lei die is kinders van God.

Ek wil ook deur die Heilige Geese gelei word.

So gebeur dit dan ook dat ons weer in Klerksdorp by die mooi Haleluja liedere beland. Die aand het die Pastoor die Heilige Gees in sy gedagtes. Hy nooi toe ook die ouens voorentoe wat die Heilige Gees wil ontvang.

Ek was daar! Maar onnosel dit was ek. Ek het nie mooi geluister wat die Pastoor gesê het nie. Van sy helpers bid vir my. En hulle vra my om die woorde wat in my kop opkom te bid maar nie Afrikaans nie. Ek het niks gewaar nie en hulle was seker maar bietjie moedeloos met my.

O ja. Driekie het die Heilige Gees ontvang met die spreek in tale. Ek was so 'n bietjie jaloers, maar het niks gesê nie.

Die volgende dag by die werk dink ek steeds na oor die vorige aand. Man, ek wil dit hê. Intussen bly ek bid en gesels met Jesus. Dit hou so aan vir die volgende paar dae.

En skielik daarna loop ek deur die depot op inspeksie en die volgende woorde kom in my op: "AQUA AVANTE EL SOL" Nou wat se woorde kan dit wees. Klink vir my "stupid" Maar die woorde bly herhaal in my binneste. Kan dit dalk woorde van die Heilige Gees wees.

Ek raak oortuig dat dit moet wees wat die Heilige Gees wil he ek moet sê. Ek begin toe die woorde oor en oor sê. En hier in my borskas begin iets gebeur wat ek nie kan verklaar nie. Dit was so 'n lekker warm gevoel. So of daar dalk meer is as net my hart en longe en maag.

Toe onthou ek die woorde in 1 Korinthiers 14. "Die wat in tale praat bou homself op" Dan moet dit wees wat met my besig is om te gebeur.

Ek het gejubel en nou herhaal ek die woordjies met die grootste plesier. Maar skielik kom daar nog woorde by en ek kan nou amper 'n gesprek voer met die woorde. Wat 'n blydskap spring in my op.

Jesus het my 'n nuwe taal gegee. En dit is 'n taal wat ek nie eers verstaan nie. Maar as ek stil bly en wag dan kom die Afrikaanse woorde na my toe. Ek besef toe dit moet taal en uitleg wees. Dis gelykstaande aan Profesie.

Nou kan ek gelei word deur die Heilige Gees. En daar is so 'n gejubel in my dat ek sommer begin sing het in die nuwe taal.


Jy moet sien wat sê die Amplified Bybel van die Heilige Gees.

Hy is:

Comforter

Counselor

Strenghtener

Stand-by

Helper

Intercessor

Stand-by

Hoe kan ek ooit bestaan sonder hierdie wonderlike Persoon?.

                  -----------AAN GOD AL DIE EER----------




































 










.



Tuesday, March 20, 2012

Jubel Fees * Vakansie * Oorpyn * en 'n Engel

Ek glo Jesus gebruik ook mense as engele!

Ons vakansie het ons so beplan dat dit saam val met 'n Christen Kamp op 'n plaas naby Warmbad. Wat 'n fees. Ons het behoorlik gesweef in die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Na die afsluiting skuif ons met die Karavaan Warmbad Vakansie Oord toe. Lekker warm water. Vriende van ons Doepie en Drienie was deel van hierdie lekker tyd.

Vleisbraai was aan die orde van die dag. Jy moet weet die swem het ons lekker honger gemaak.

Die aand het ons nog lekker om die kampvuur gesit toe my dogter Daleen na ons toe kom met 'n oorpyn. Jy kon sien die kind het geweldige pyn. Ons het saamgestem en gebid. Dit is die eerste ding wat ons altyd doen, wanneer pyn kom. Dit was te laat vir Dokters en pynpille. ons het besef dit is 'n aanval van die vyand.

Ons het tot laat met Daleen wakker gebly. Later het ons almal ingesluimer en aan die slaap geraak. Toe ons die volgende oggend wakker word, makeer Daleen niks. Oorpyn geheel en al weg. Dankie Jesus.

Dit is tyd om huis toe te gaan. Ons pak alles die oggend op en ek "check" gou my kar se water en olie soos ek dit altyd doen.

Nou die lang pad terug huis toe. Ek en Driekie stem saam en ons vra die Here se seën op ons pad terug Delareyville toe.

Ek wonder of ons vyf kilometers uit Warmbad uit was. Toe kom 'n kar van agter af by ons verby. Ek sê vir Driekie die ou het seker iets vergeet want hy is nounet van vooraf verby. Hy trek ons af.

Ons hou stil en hy kom met bakarm aangestap. Hy kyk na Doep se kar, skud sy kop en kom na ons kar toe aan. JA sê hy. Dis die een."JOU KAR HET AL SY WATER VERLOOR"

Ek dog hy maak 'n grap. Ek maak die "bonnet" oop. Hael die prop af. Die kar was nog nie eers warm nie. Niks. Al my kar se water is weg. Daar was water in 'n kannetjie in die karavaan . Ons gooi water in en groet die ou met baie dankbare harte. WAS DIT NIE VIR HOM NIE HET MY KAR BINNE DIE VOLGENDE KILOMETERS "OPGEPAK" Enjin tot niet

Dink dsaaraan hy kom verby maak 'n "U TURN" trek ons van die pad af en help ons. Ek glo Jesus was goed vir ons. Hy het die ou gestuur en ons weet nie eers wie dit was nie. Hy kon nog .n engel gewes het

Dankie Koning JESUS



Sunday, March 18, 2012

Die NAAM wat bo elke NAAM is. JESUS



DAAR IS ONTSETTENDE KRAG
IN DIE NAAM VAN JESUS!


Hier volg nou nog 'n ware storie om vir julle te laat verstaan wat se mag en gesag Jesus aan ons as sy kinders gegee het. My sussie kan van die waarheid getuig. Sy bly nou in Pretoria.

Ons het vakansie gehou in Durban. Ansteys beach. Man wat 'n lekker vakansie.

Op Pad terug Delareyville toe besluit ons om by my sussie Elna en haar man te oornag.

Hulle het gebly op'n plaas by Senekal. Die plaas Terra Bona.

                                           
Ek moet nou eers vertel van my Karavaan.
Dit was 'n Caravette 5 met 'n "vinyl" dak.
Hy het nog gestink na die nuut reuk.
Dit was ons trots gewees.
Ek het gesorg dat Driekie nie moet sukkel
en dan moeg word vir die karavaan nie.
Hy het alles gehad wat sy nodig kon kry.

'n Besoek deur Jesus





GENESING-SONDAGSKOOL- DIE UITTOG

Sondagskool Handboek

Hier begin 'n nuwe pad.

Ek hou Sondagskool vir die std 5 kinders. Driekie vir die Kleineres.

Ons les vir die dag. Goddelike genesing is nie meer vir vandag nie. Dit was vir ons 'n groot skok. Driekie het nou ontslae geraak van haar windopbrekery en nou moet ek die kinders leer dat God nie meer vandag genees nie.

Hier begin nou vir ons 'n moeilike pad. Wat moet ons doen. Moet ons maar aangaan en dit ignoreer. Maar dit is dan teen die Bybel.

Jesus sê persoonlik in Markus 16: Die volgende wondertekens sal voorkom by die wat glo. In my Naam sal hulle duiwels uitdrywe; in nuwe tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande ople, en die sal gesond word.


 My Kerk se handboek.  Of Jesus?

Wat nou? Ek is lief vir my kerk. Ek is lief vir Jesus. Ons gesels en oorweeg wat ons moet doen. Dit is nie lekker nie. Vir byna veertig jaar is ons al in die kerk.

Na half slapelose nagte besluit ons om doe predikant te gaan sien.

Mense genees in die Naam van Jesus




Ewe skielik begin Driekie winde opbreek na etes. So erg dat sy vir 'n halfuur tot 'n uur so aangaan. Ons kan dit nie verstaan nie. Ons gaan na Dr Boonzaaier ons huis dokter. Hy kon nie fout kry nie.



Kamtige Dikderm Moeilikheid

Hy stuur ons Klerksdorp toe.  Na 'n Spesialis toe.


Die doen sy ding en hy besluit sy het dikderm moeilikheid. Nou kom ons by die slegte deel. Sy moet net sekere kossoorte eet. Ek kan nie ers meer onthou wat sy moet uitsny nie. Ons aanvaar dit maar so.

In die tyd kom oom Hennie weer kuier en hy nooi ons na 'n kerk in Klerksdorp. Hy het onthou van my liefde vir die mooi liedjies en die Haleluja boek. Hy verseker my dat daar nie gepreek word nie. Ek het vir hom gesê ek stel nie belang in ander kerke nie.

Die sang aand was fantasties en ek het elke oomblik daarvan geniet. Dit was so lekker om saam met die ander uit volle bors te sing.

By die einde van die aand staan HELENA die pastoor se vrou op en se: "Hier is iemand met 'n allergie. Kom voorentoe ons wil vir jou bid". Toe ek weer sien staan Driekie daar.

Helena bid toe vir haar vir lewer moeilikheid. Sy het niks geweet van Driekie se wind opbreekery nie.

Ons is die aand huistoe. Haar windopbrekery het opgehou. Wanneer? Ons weet nie.

Nou byna dertig jaar later en haar wind opbrekery is nog steeds weg.

Ons begin dink oor siekte.
Hoe kan jy met siekte praat en hulle luister.

Helena hulle sê vir ons die volgende: Siekte is van die duiwel. God genees.

Die duiwel gaan probeer om terug te kom.
.
Weerstaan hom en sê vir hom: "GAAN IN DIE NAAM VAN JESUS"

Jy MOET bedoel wat jy sê.

Baie dankie vir hierdie wonderlike raad.

Tot vandag toe het ons bonatuurlike wonderwerke ondervind deur te staan op die

NAAM WAT BO ELKE NAAM IS
J E S U S