Die Jaar 2002. 2 Uur die oggend
Terwyl ons slaap begin Driekie gil, 'n Onaardige gil. Ek weet nie wat gaan aan nie. Sy lê styf geskop en haal snaaks asem. Ek is heeltemal oorbluf. In die styfskop het sy van die bed af geval. Haar tong is stukkend gebyt.
Ons bel die ambulans. Toe hy arriveer was sy al by haar sinne. Nog baie deurmekaar.Sy kom mooi by, Sy wil by my weet wat gebeur het.
Ek weet van die Epilepsie niks nie. Ek was so verward. Wat is dit? Wat kan dit wees?
Die volgende dag is ons Dokter toe. Hy kan vir ons niks doen nie.
Daarvandaan is ons Witbank toe. Hulle neem plate. Hy sê dis bloeding op die brein. Bespreek vir ons by Akademies in Pretoria.
Ons ry huis toe. Ons is lief vir mekaar. En ons huil altwee. Wat gaan nou gebeur? Is dit nou dalk die tyd wat ons paaie gaan skei. As dit so moet wees, ek weet Driekie het oorgegee aan Jesus, maar ek... sonder my vrou.
Ons ry Pretoria toe in stilte, met baie vrae. Dan bid ons en vra hulp van Jesus.
Plate is geneem. Dr Bezuidenhout sê ons moet onmiddelik die gewasse laat verwyder. Hy wou plek bespreek in die hospitaal, maar ons was nie tevrede nie.
Driekie se sussie het ook 2 gewasse gehad. Toe hulle opereer peul die brein uit en sy is binne 3 dae dood. Dit was in 1998.
Ons is huis toe. Ons het besluit om te wag. Ons dokter het pille aanbeveel wat die epilepsie onder beheer gehou het. Die aanvalle is redelik ver uit mekaar uit en ons leef daarmee saam.
Ons besluit om Suidkus toe te gaan vir 'n week. Ons weet mos nie hoe lank ons nog bymekaar gaan wees nie. Ek wou my vrou nog geniet.
Ons het die week geniet. Elke dag saam golf gespeel. Shelley Beach. Margate. Port Shepstone.
Nou leef ons net vir vandag. Ons bid baie. Ek hou die aanvalle dop. Dis lelik. Gewoonlik is haar mond stukkend en vol bloed.
In 2005 begin die aanvalle vinniger op mekaar kom. Sy begin sit en staar. Stel nie meer belang in dit wat om haar aangaan nie
Sy begin met 'n sin en kan dit nie klaar maak nie. Sy vergeet haar klein kinders se name. Sy kan nie haar blaas beheer nie.
Dis toe dat ons besluit ons het nou nie 'n keuse nie. Ons is weer Akademmies toe in Pretoria.
Ons twee meisies het saam gegaan. Eers plate geneem. Hulle twee wag vir die plate. Die vrou wat die plate vir hulle gee om dokter toe te neem vra vir hulle: "Hoe lank het julle ma al die kanker"
Asvaal met groot oë kom hulle by ons aan.
Dr Eddie Gurnell bestudeer die plate en hy sê ons moet dadelik opereer.
Ek vra hom wat haar kanse is. Sy antwoord: "Vyftig vyftig, maar oor die ander vyftig bid ons".
Ons was so dankbaar vir hom. Hy weet hy kan sy bes doen, maar hy het nog die hulp van ons HERE JESUS nodig.
Die operasie is geskeduleer en ons is eers terug Secunda toe.
Die oggend toe hulle haar instoot na die operasie area, staan ek nog haar hand en vashou. 'n Verpleegster kom uit een van die kantore en begin sing. Dadelik kom die hele klomp bymekaar. Lees Skrif uit die Bybel en bid.
Kan jy dink hoe het ek gevoel het. Dankie JESUS SY'S IN GOEIE HANDE.
Na die operasie gesels ek met Dokter Eddie: "Dis 'n sukses. Die een gewas kon ons so te sê
afskep. Die ander een is in die brein in. Ons kon hom nie heeltemal verwyder nie, Ons het tot by die brein gesny en hom toe gebrand. Die ander een agter is groot, maar dit is 'n klip, hy sal niks maak nie"
Binne 4 dae is Driekie by die huis. Haar epilepsie is weg en haar blaas is terug na normaal
toe. Haar geheue is terug en skerper as voorheen.
BAIE DANKIE JESUS
====DIE KLIP MAAK AMOK====
No comments:
Post a Comment