Sunday, March 18, 2012

Die NAAM wat bo elke NAAM is. JESUS



DAAR IS ONTSETTENDE KRAG
IN DIE NAAM VAN JESUS!


Hier volg nou nog 'n ware storie om vir julle te laat verstaan wat se mag en gesag Jesus aan ons as sy kinders gegee het. My sussie kan van die waarheid getuig. Sy bly nou in Pretoria.

Ons het vakansie gehou in Durban. Ansteys beach. Man wat 'n lekker vakansie.

Op Pad terug Delareyville toe besluit ons om by my sussie Elna en haar man te oornag.

Hulle het gebly op'n plaas by Senekal. Die plaas Terra Bona.

                                           
Ek moet nou eers vertel van my Karavaan.
Dit was 'n Caravette 5 met 'n "vinyl" dak.
Hy het nog gestink na die nuut reuk.
Dit was ons trots gewees.
Ek het gesorg dat Driekie nie moet sukkel
en dan moeg word vir die karavaan nie.
Hy het alles gehad wat sy nodig kon kry.

Ons het besluit om buitentoe te gaan. Ek kan nie onthou of die weer gedreun het of nie. Buite gekom hoor ons die reen aankom en ons besef dit is nie reen nie. Dit is hael. Hy trek sulke wit strepe.

Wat 'n onaangename verrassing. My nuwe karavaan. Geen skuiling nie. Wat Nou!

Onmiddelik Kyk ek en Driekie na mekaar. Ons het mos geleer van die krag van die Naam van Jesus. En die Bybel sê Jesus gee ons mag en gesag oor al die krag van die vyand. En hierdie hael wat op pad is, is nou ons vyand.

Soos een man sê ons: HAEL ONS STOP JOU IN DIE NAAM VAN JESUS en ons strek ons hande uit na die aankomende storm.

Ons het bedoel wat ons gesê het. Dit het uit ons binneste gekom.
Ons het die bevel gegee en verwag dat dit SAL gebeur.


Ons staan nog en kyk toe die wolke ewe skielik verander. Die hael wat aankom split in twee. Die een deel gaan links verby en die ander deel regs verby.

Nie een korrel het op ons karavaan geval nie.

Dankie Jesus vir die krag van U Naam.

Ons verstaan dat die hael nog verder gegaan het en weer toegemaak het.


Haleluja Jesus!




No comments:

Post a Comment