GENESING-SONDAGSKOOL- DIE UITTOG
Sondagskool Handboek
Hier begin 'n nuwe pad.
Ek hou Sondagskool vir die std 5 kinders. Driekie vir die Kleineres.
Ons les vir die dag. Goddelike genesing is nie meer vir vandag nie. Dit was vir ons 'n groot skok. Driekie het nou ontslae geraak van haar windopbrekery en nou moet ek die kinders leer dat God nie meer vandag genees nie.
Hier begin nou vir ons 'n moeilike pad. Wat moet ons doen. Moet ons maar aangaan en dit ignoreer. Maar dit is dan teen die Bybel.
Jesus sê persoonlik in Markus 16: Die volgende wondertekens sal voorkom by die wat glo. In my Naam sal hulle duiwels uitdrywe; in nuwe tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande ople, en die sal gesond word.
My Kerk se handboek. Of Jesus?
Wat nou? Ek is lief vir my kerk. Ek is lief vir Jesus. Ons gesels en oorweeg wat ons moet doen. Dit is nie lekker nie. Vir byna veertig jaar is ons al in die kerk.
Na half slapelose nagte besluit ons om doe predikant te gaan sien.
Ons het aan hom gestel dat ons in die Sondagskool handboek gesien het dat daar besluit is Goddelike genesing is nie vir vandag nie.
En Helena het vir Driekie gebid en sy is gesond.
Sy reaksie was so flou dat ek vir hom gese het ek dink ons sal dalk moet skuif.
Hy antwoord: "As dit is hoe julle voel dan moet julle maar skuif"
Ons het geskuif. En die Sondag het hy gesê: "Mens moet passop die slang kan jou dalk pik of die beer kan jou bykom".
Intussen het ons lering ontvang om en ons het gegroei in die Woord. Ons kon nog nie besluit wat ons toe gaan doen nie.
Driekie was erg ontsteld. Haar vraag aan die Here: "Jesus ons is nou gered, hoe is dit nou moontlik dat ons nou uit ons kerk is?" Sy het 'n ruk met die vraag geworstel en toe gebeur die volgende.
Driekie se eie woorde.
Jesus stap in die kamer in en staan by die voetenent terwyl ek op die bed lê. Jesus sê toe vir my:
"Dit is nie jy en Christo wat dit besluit het nie. Dit is Ek wat dit besluit het.
"Dit is al wat Hy gesê het en vrede wat alle verstand te bowe gaan het van my besit geneem. "
Alle ongelukkigheid het ons verlaat.
------------------------------------------
No comments:
Post a Comment