Ek glo Jesus gebruik ook mense as engele!
Ons vakansie het ons so beplan dat dit saam val met 'n Christen Kamp op 'n plaas naby Warmbad. Wat 'n fees. Ons het behoorlik gesweef in die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees.
Na die afsluiting skuif ons met die Karavaan Warmbad Vakansie Oord toe. Lekker warm water. Vriende van ons Doepie en Drienie was deel van hierdie lekker tyd.
Vleisbraai was aan die orde van die dag. Jy moet weet die swem het ons lekker honger gemaak.
Die aand het ons nog lekker om die kampvuur gesit toe my dogter Daleen na ons toe kom met 'n oorpyn. Jy kon sien die kind het geweldige pyn. Ons het saamgestem en gebid. Dit is die eerste ding wat ons altyd doen, wanneer pyn kom. Dit was te laat vir Dokters en pynpille. ons het besef dit is 'n aanval van die vyand.
Ons het tot laat met Daleen wakker gebly. Later het ons almal ingesluimer en aan die slaap geraak. Toe ons die volgende oggend wakker word, makeer Daleen niks. Oorpyn geheel en al weg. Dankie Jesus.
Dit is tyd om huis toe te gaan. Ons pak alles die oggend op en ek "check" gou my kar se water en olie soos ek dit altyd doen.
Nou die lang pad terug huis toe. Ek en Driekie stem saam en ons vra die Here se seën op ons pad terug Delareyville toe.
Ek wonder of ons vyf kilometers uit Warmbad uit was. Toe kom 'n kar van agter af by ons verby. Ek sê vir Driekie die ou het seker iets vergeet want hy is nounet van vooraf verby. Hy trek ons af.
Ons hou stil en hy kom met bakarm aangestap. Hy kyk na Doep se kar, skud sy kop en kom na ons kar toe aan. JA sê hy. Dis die een."JOU KAR HET AL SY WATER VERLOOR"
Ek dog hy maak 'n grap. Ek maak die "bonnet" oop. Hael die prop af. Die kar was nog nie eers warm nie. Niks. Al my kar se water is weg. Daar was water in 'n kannetjie in die karavaan . Ons gooi water in en groet die ou met baie dankbare harte. WAS DIT NIE VIR HOM NIE HET MY KAR BINNE DIE VOLGENDE KILOMETERS "OPGEPAK" Enjin tot niet
Dink dsaaraan hy kom verby maak 'n "U TURN" trek ons van die pad af en help ons. Ek glo Jesus was goed vir ons. Hy het die ou gestuur en ons weet nie eers wie dit was nie. Hy kon nog .n engel gewes het
Dankie Koning JESUS
No comments:
Post a Comment