JESUS IS ABSOLUUT FANTASTIES
Doelwit: Ek het 'n stryd gehad met die waarheid van die Woord. Ek het gesê die Ou Testament is vir die Jode van daardie tyd. Die vier evangelies is Jesus se wandel op aarde.
Hy het baie wonderwerke gedoen en baie wonderdade gedoen. Die res van die Nuwe Testament is Paulus se wandel met die Here. Dit het niks met my te doen nie.
Toe gaan my oë oop.
TOTDAT: Eendag lees ek Johannes En hierdie woorde van Jesus het my getref:
Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo.Joh. 17:20
Jesus het hier vir sy disipels gebid. Maar nou bid Hy vir die wat deur hulle woorde in Hom sal glo. Maar as dit die geval is dan bid Jesus mos vir my.
Dit het my hele gesindheid verander.
Ek het met ander oë na die Nuwe Testament begin kyk. Is alles wat Jesus kom doen het en gesê het dan nie betrekking op my nie.
Paulus gaan woestyn toe vir 'n periode van 3 jaar. Jesus openbaar 'n klomp dinge aan Hom onder andere die Nagmaal. Dit wat Paulus skryf oor die Nagmaal is presies wat Jesus vir sy disipels gesê het
Ek het besluit dat die Woord vir MY is. Ek wil Jesus leer ken. Ek wil Hom dien met alles in my. Ek het vir ons die Nuwe Testament op band gekoop en dag en nag daarna geluister. Dit was so vir ses maande. Ek het dinge geleer
Die belangrikste van alles is. as Jesus iets gesê het wat ek moet doen, dan wil ek dit doen.
DIT IS DIE REDE VIR HIERDIE BLOG. DIT WAT ONS GELEER HET WIL EK MET JULLE DEEL.
No comments:
Post a Comment