Ek Moet Vergewe
En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is , ook julle oortredinge nie vergewe nie.
Vergeef as julle iets teen iemand het.
Hierdie woorde het met my gepraat.
Ek het gewonder hoe vergewe ek iemand wat lank terug met my lelik was. Hy sal mos nie eers meer onthou dat hy my seer gemaak het nie. Toe sien ek dit gaan nie oor hom nie. Dit gaan oor my.
Ek het gewonder hoe vergewe ek iemand wat lank terug met my lelik was. Hy sal mos nie eers meer onthou dat hy my seer gemaak het nie. Toe sien ek dit gaan nie oor hom nie. Dit gaan oor my.
Toe wonder ek hoe doen 'n mens dit?
Sê ek Piet ek vergewe jou? Dit voel asof niks in my gebeur nie.
Toe onthou ek die Skrif in Kolosense 3
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

O K. Dan gaan ek almal se name neerskryf en ek gaan elkeen vergewe in die Naam van Jesus
Ek begin toe met die eerste naam.
Dina ek vergewe jou in die Naam van Jesus.
(Sy was my Engelse onderwyseres. Ek was Cheeky. En sy het vir my gese jy sal nooit iets uitdraai in die lewe nie)
Nou "check" ek oor hoe ek oor haar voel. Ek luister vir die "Klein sagte stem"
Nog nie reg nie.
Weer: Dina ek vergewe jou in die Naam van Jesus.
Ek kyk na my Name, maar ek kan nog nie Dina se naam doodtrek nie.
Toe gereeld se ek Dina ek vergewe jou in die Naam van Jesus.
Maar nou al hoe ernstiger. EK WIL VERGEWE!
Maar nou al hoe ernstiger. EK WIL VERGEWE!
Ek het aangehou totdat ek tevrede was dat ek Dina vergewe het.
Die volgende op my lys. Ek het met elke naam so gemaak en toe ek deur my lys was het ek nog gevra : Heilige Gees is daar nog een wat ek dalk "geslip" het.
Toe dit stil word in my binneste weet ek dat ek almal vergewe het.
Ek het 'n boek gelees oor een van die persone wat 'n amper dood ondervinding gehad het.
Sy en Jesus het in die hel by 'n vrou verby geloop wat in ontsettende pyn verkeer het. Die vrou het Jesus gesoebat en gese: Ek het U dan gedien. Hoe het ek nou hier beland?
Jesus se antwoord: Jy kon jou man wat jou verlaat het vir 'n ander vrou nie vergewe nie. Ek het boodskappers na jou gestuur en hulle het gesê vergewe maaar jy wou nie. Sorry!
Jesus se antwoord: Jy kon jou man wat jou verlaat het vir 'n ander vrou nie vergewe nie. Ek het boodskappers na jou gestuur en hulle het gesê vergewe maaar jy wou nie. Sorry!
Jesus ek wil deur U vergewe word. Ek vergewe sodat U my kan vergewe.
No comments:
Post a Comment