Ons kom van Bloemfontein af. Ek moes eers by die kafee stilhou vir sigarette. Ek koop 2 pakkies Lexington. Dit was vir my redelik lekker om te rook. Ek het al 'n paar keer probeer om op te hou met rook. Die aand nadat ek al dik gerook was besluit ek "Dit is nou genoeg" Die volgende oggend by 10 uur nadat ek al 'n klomp sigarette gerook het onthou ek my voorneme.
Die volgende dag gaan ek aan soos gewoonlik. Ek werk lekker. Ek is in beheer van die kantoor met drie drywers. Teen half twaalf is daar net drie sigarette oor. Ek kry die begeerte om op te hou met rook. Hierdie gedagte kom by my op: "Ek wens ek kan ophou rook". Amper soos iemand wat regtig met my praat. Hierdie woorde.
"JULLE KAN DIE HERE BAIE DINGE VRA, VRA HOM"
Ek ignoreer die gedagte. Ek rook die volgende sigaret. Deksels nou is daar net twee oor. As ek nou sigarette gaan koop dan rook ek sestig 'n dag. "Christo soos jy nou aangaan gaan jy jouself dood rook" Weer "Ek wens ek kan ophou rook" Weer die stem in my kop."JULLE KAN DIE HERE BAIE DINGE VRA, VRA HOM"
Nog een. Ag nee. Nog net een oor. Weer spreekek die wens uit. Weer kry ek dieselfde antwoord. Ek besluit. "Top" Dis wat ek gaan doen.
Ek kry lus vir 'n sigaret. Vat die Pakkie. Kyk na die een sigaret. My volgende woorde: "JESUS HELP" Ek kry die gedagte om buite toe te gaan. Ek loop so 'n draai en haal 'n paar keer diep asem. En die vars lug in my longe gee my 'n "high" wat geen sigaret my nog gegee het nie.
Nou elke keer as ek lus raak vir 'n sigaret, stap ek buitentoe en sê: "JESUS HELP" En weer daardie lekker gevoel.
Ek doen dit elke slag en teen die einde van die dag het die laaste sigaret nog daar op die hoek van die tafel gelê. My vrou wat vreeslik graag wou hê ek moet ophou rook,weet nog van niks nie.
Die Eerste Januarie verjaar my vriend, Eli, hy bied my 'n sigaret aan. Ek sê: "Nee Dankie"
Na die derde keer wat hy aanbied en ek dit weier sê Driekie: "Jy rook nie meer nie" Haar stem vol blydskap.
Dit moet jy weet, sestig keer 'n dag het ek my hand in my sak gesteek vir 'n sigaret. Nou sê ek sestig keer 'n dag "JESUS HELP"
Hy het gehelp. Ek het nog nooit weer aan 'n sigaret geraak nie. Ja baie keer gedroom ek rook en dan was ek so terleurgesteld. Die volgende oggend "Dankie dit was net 'n droom"
Hierdie was die draaipunt in my lewe. Ek het tot die besef gekom dat Jesus meer is as net woorde. Hy gee so baie beloftes in sy Woord en ek het dit ernstig begin opneem.
DANKIE KONING JESUS
No comments:
Post a Comment