Monday, March 12, 2012

My Pad met Jesus

IN DIE WOESTYN VAN HOOP


Ek het groot geword in 'n tradisionele kerk. Ek is gedoop toe ek baba was. Ons het elke Sondag kerk toe gegaan. Ek het ook die Sondagskool bygewoon. In Standerd nege het ek ons Katkisasie klasse bygewoon. Daar was baie leerwerk uit ons Katkisasie handboek. Ons het onderhoude gevoer met die Hoof ouderling en hulle het besluit of jy kan toegelaat word tot die gemeente. Almal van ons is aanvaar en ons is die Sondag Voorgestel en Aangeneem. Van die ouens het gesê ons het nou die wyn lisensie gekry. Ons het nou aan die kerk behoort.


Die pad voorentoe was maar snaaks. Wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, het ek kerk toe gegaan. Dit was seker maar die regte ding om te doen

Die leë gevoel het ek nie eers van geweet nie, want ek is mos reg. Daar is gesê as julle bang is om hel toe te gaan, dan gaan julle hemel toe.

Intussen is ek getroud met 'n pragtige vrou. Ons kom albei van ouers af wat gereeld kerk toe gegaan het. Ons het ons kinders laat doop.

Ons land toe op Delareyville. Ons was toe redelik ernstig met ons kerk besoek. Soveel so dat ek gekies is as diaken. Op 'n stadium was ek aangestel as hoof diaken. Volgens die ouens was ons redelike goeie Christene. 


Ek is baie lief vir lees en het gereeld die biblioteek besoek. Ek kom toe op 'n boek af van die Vervulling met die Heilige Gees. Ek het die boek gelees, maar kon nie mooi verstaan nie. Ek sê toe vir myself dat daar meer moet wees as wat ek in al die tyd by die kerk 
gehoor het.

Weer by die biblioteek loop ek 'n boekie raak. "Like a Mighty Wind" deur Mel Tarri. Hy vertel dat hulle 'n kerk in Indonesië het. Baie arm. Hulle wou nagmaal hou. Hy vra toe vir die Here om die water in wyn te verander en dit gebeur toe. Ek was baie skepties.

Die Dooie MAN
Verder vertel hy dat hy en die span saam met hom na die statte toe gegaan het om te getuig. Hy moes toestemming kry by die Kaptein. Die sê vir hom ja hy kan dit doen as hy die man wat uit die Kokosneut boom geval het weer lewendig kan maak.

Leef Weer
Mel Tarri was in die moeilikheid. Hy praat toe met die Here en vra hulp. By die stinkende lyk aangekom was eers bang. HY PRAAT TOE MET DIE MAN EN DIE HET LEWENDIG GEWORD.

Op die stadium gooi ek die boek weg. Ek sê aan my vrou ek dink dit kan nie wees nie. Dit is net stories. Ek wou eers nie die boek verder lees nie.

Ek het tot die besef gekom dat ek dalk iets mis. Lees ek nie die Bybel met die verkeerde oë. Ek het regtig soekende geword.

Ek begin die Bybel lees en ek begin wonder of dit wat ek al die jare geleer het reg was. My ouers het die Here gedien. Ek is so dankbaar vir sulke twee lieflike ouers Dries en Corrie'

Op hierdie stadium hou ons ook Sondagskool vir die kinders.












No comments:

Post a Comment